Die jaar 2013
EEN GOD,EEN VERBOND,EEN VOLK.
Die Plan van GOD staan in die eerste twee hoofstukke in die Bybel..Genesis 1 en Genesis 2..dit
is die verhaal hoe GOD dinge wil hê.
Genesis 3 moes nie gebeur het nie,dit is waar die vyand daarin geslaag het om die mens te verlei
om van die boom van kennis van goed en kwaad se vrug te eet.
Vanaf Genesis 3 toe begin die mens om met en vanuit daardie kennis te funksioneer..dit het die
mens op so slegte plek gebring dat GOD gesê het,dit het HOM berou dat Hy die mens gemaak
het.(Skrif verwysing Genesis 6 vers 4)
GOD vind toe in Noag iemand met wie Hy kan werk.
Geregtigheid-dinge werk soos GOD wil hê dit moet werk.
Die aarde was veronderstel om te werk met GOD se kennis en nie volgens die kennis van goed
en kwaad nie.
Na Noag het GOD n werk gedoen met Abraham en aan hom die belofte van n volk gegee wat vir
400 jr slawe in Egipte sou wees.
Na 430 jr wek GOD n man op om die volk Israel te verlos vanuit slawerny in Egipte..
GOD was oppad na n plek toe met die volk;vanuit Egipte,deur die Woestyn oppad na die
beloofde land toe..n land wat oorloop van melk en heuning.
Hierdie werk wat GOD met Israel gedoen het moes dien as n prentjie vir ons in die Dag van die
Here wanneer GOD n Gees Israel vir HOM sou opwek.
Die wet waaronder Israel as natuurlik volk van GOD was,was n tugmeester na Christus toe(skrif
verwysing- Gal.3:23-25)
Vanuit die natuurlike kan ons nou die geestelike verstaan..
Daarom het al die geloofshelde geleef vir n Dag wat sou kom..die Dag van die Here,die dag van
Christus,die oordeelsdag,die laaste dag,ens. verwys alles na een ding..GOD se Dag.
In daardie Dag sou al die profesies,prentjies en skadubeelde wat in die Bybel opgeteken is in
vervulling sou kom.En dit moet in die mens in vervulling kom..
So GOD het gekies wanneer die Dag sou aanbreek,Hy het ook gekies vanuit watter land dit sou
aanbreek en Hy het ook kom kies deur watter man sou Hy die werk begin asook met watter
groep mense Hy sou begin.
Want GOD soek een volk wat leef volgens SY weë en volgens SY manier waaronder HY kan
wandel.
So net soos met die natuurlike Israel sou GOD weer n man opwek,Hy sou weer n volk opwek,Hy
sou SY Verbond aan hulle duidelik maak,sodat hulle in n ander land(Die koninkryk)volgens SY
manier kan leef..GOD sou dit iewers weer begin..en HY het begin..
In die natuurlike het GOD Israel uit Egipte gehaal,met die doel om hulle in die land te sit wat
oorloop van melk(geregtigheid)en heuning(koninkryk)...
GOD wou hulle n grondgebied gee waar hulle kon leef volgens SY manier..
Die natuurlike Israel kon nie vir GOD so volk wees nie..ook omdat hulle nie die Gees van GOD
gehad het nie.
1 Kor.15:45-49
45So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het 'n lewende siel geword; die laaste Adam
'n lewendmakende Gees.
46Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.
48Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is
ook die hemelse mense.
49En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra
Sonder die natuurlike prentjies sal ons niks van die geestelike kan verstaan nie..
GOD begin by die natuurlike,maar HY is oppad na die Geestelike.
Wat waar is oor Jesus Christus,is waar oor ons..
Wat waar is oor Adam is waar oor die Adam spesie..
Hemelse mens = iemand met n Hemelse PA
Aardse mens = iemand met n aardse pa..
Ons moet as hemelse wesens die aarde verander sodat die aarde kan lyk soos die hemele..
Koninkryk = GOD se manier van heers.
Daar was n Adam tyd(aardse tyd)..die Christus tyd(hemelse tyd) is nou hier..
Christus as n spesie staan op die 3rde dag op uit die dode..daarom het GOD vir Jesus Christus
op die 3rde Dag uit die dood opgewek.
2Pet.3:3-8
3Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle
eie begeerlikhede wandel
4en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles
soos dit was van die begin van die skepping af.
5Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en 'n aarde wat uit water en
deur water ontstaan het deur die woord van God,
6waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.
7Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as 'n skat weggelê en
word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.
8Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos
duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
GOD is n verterende vuur-(Skrif verwysing-Hebr.12 vers 29)
GOD wil opdaag en n klomp goed wegbrand..alles wat ongeregtigheid en goddeloosheid is.
Adam= goddeloos(sonder GOD)
Oordeel= jy kan n besluit neem oor iets..
Kan oordeel fel tussen wat is goed en nie goed nie.
Oordeel tussen goddelose mense en GOD- met - mense..
(Skrif verwysing 2 Petr1:19)
Profetiese Woord is soos n lamp wat skyn op n donker plek..tot wanneer die dag breek en die
môrestêr in die harte opkom.
As die Dag breek het ons nie meer die lampie(profetiese Woord) nodig nie..die profesies word in
vervulling gebring wanneer die Dag breek.
Die môrestêr kondig die Dag aan?
Wat/wie is die môrester?
Skrif verwysing:
Openb.22:16)
Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die
wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.
Jesus Christus is die môrester.
Wanneer die openbaring van Jesus Christus opkom in mense se harte beteken dit die Dag is
hier..
Ons leef in Dag 7:
6 duisend 26 jaar is verby na die eerste Adam..ons is 26jr in die 7 duisendste jaar of volgens
Petrus se profesie 6 dae is verby ons is 26 jr in Dag 7
Ons leef ook in Dag 3
2 duisend 26 jr is verby na die tweede Adam(Jesus Christus)..ons is 26jr in die 3rde duisendste jr
of volgens Petrus se profesie; 2dae is verby ons 26jr in Dag 3.
Die Dag van die Here het
aangebreek!
As die tyd aanbreek sou die werk aanbreek.
GOD het gekies dat die laaste Dag evangelie vanuit Suid Afrika sou kom..
En GOD het Xandré gekies aan wie HY die openbaring van Jesus Christus gegee het en n
spesifieke groep mense in wie se harte die môrester opgekom het.
Reënboognasie= Verbondsnasie
GOD het begin in Suid Afrika..in die Hoofstad..in die oostekant van die Stad..waar die son
opkom..waar die Dag sou breek..
Die uitverkiesing van GOD gaan oor SY barmhartigheid..nie omdat mense spesiaal is of nie..
Belangrike vrae om te kan beantwoord:
Wie/wat is jy?
Hoekom is jy?
Waarmee is GOD besig?
(1Kor.15 :46 Skrif verwysing)
Hierdie werk sou iewers begin om hierdie Gees werk te begin,en HY het klaar begin.
GOD het hierdie werk met die natuurlike Israel begin vanuit Egipte..deur die Woestyn tot in die
beloofde land Kanaan..
1.Israel. 2 Israel. 3.Israel in
Egipte. >> woestyn >> belofte
1.Israel in sonde vasgevang in Egipte,en in slawerny.
2.In die woestyn leer Israel om GOD se verbond en SY weë te ken.
3.Israel gaan in land van belofte..geregtigheid en koninkryk.
GOD het hierdie werk in ons midde in vervulling gebring.
1.Deur die Kruis word ons uit Egipte gehaal,vanuit sonde/godsdiens..
2.In ons woestyn tyd leer ons om GOD te ken deur SY verbond,
3. Sodat ons in die belofte van Christus kan ingaan wat bestaan uit Koninkryk en geregtigheid
GETUIENIS:
Suid Afrika en GOD se geskiedenis:
-Die geloof het in SA gekom vanaf die witman wat gevlug het in die dae toe die protestante en
katolieke mekaar by die massas uitgemoor het..
-Protestante: ontstaan deur Martin Luther(1517) en later Johannes Kalvyn(1530's) wat
geprotesteer het teen die Romeins katolieke se vals leerstellings.
-1652 land Jan van Riebeeck en franse hugenote in SA en bring die geloof.
-1860 het n groot Herlewing posgevat in Worchester waar GOD SY Gees uitgestort het en hierdie
beweging was gelei deur Andrew Murray.
Die kerk was ongelukkig daarmee en het gestem dat dit moes stop en dit het.
-GOD het dit geskuif na Amerika, en in 1906 het n groot herlewing plaasgevind in Los Angeles,
Asuza street ,en dit was gelei deur n man ene Wiliam J. Seymour.
-John G Lake het in daardie herlewing die doping met Heilige Gees ontvang en gekom na Suid
Afrika in 1908 as sendeling..en hy begin die pinkster beweging..
AGS ontstaan..
-na hom het opgestaan n man met die naam Rassie Erasmus wat ook kragtig deur GOD gebruik
was in SA met groot tent dienste..
- Na Rassie afgesterf het,het GOD n man opgewek;Nicky van die Westhuizen en die mantel van
Rassie vir hom gegee..hy het massiewe tent dienste gedoen.
-Met Nicky se afsterwe,stop Kobus van Rensburg se horlosie presies op die tyd dat Nicky gesterf
het in n kar ongeluk..Met dit het die mantel geskuif van Nicky na Kobus.
-Tydperk waar Neels saam met groot Godsmanne n groep opmaak vanuit SA en gaan kyk na die
werke van TB Joshua in Nigeria..
-(1983 Visioen deur SG Elton..GOD wys hoe Afrika soos n revolver lyk waarvan die sneller
Nigeria is en die loop waar die vuur uitkom is Suid Afrika)
GOD moes n werk in Nigeria doen wat n eek in SA sou hê.
-TB Joshua kies Neels om sy verteenwoordiger te wees in SA..en GOD het groot werke oor SA
heen gedoen deur Neels..
-GOD skuif die mantel van TB Joshua na Neels.
-2008 ontmoet Neels vir Xandré en Thys waar hy bedien het by n kamp..Xandré bel hom en vra
om onder sy vaderskap in te skuif.
-1 September 2010 is CiM gestig deur Xandré.
- Stap n pad saam tot en met 2013..en dit is waar GOD met Neels begin deel het oor die 2013
Woord.
H13- springkaan
G13- vernietiging
GOD het in die ou tyd die springkaan gebruik om vernietiging te bring in die oes van die volk as
hulle ongehoorsaam was.
H2013- hasha- keep silent,hold your tongue
G2013' to step over,into, to obtain
Daar is n werk wat die volk verlos deur n Moses- to draw out..daar is n werk wat die volk in
vat,deur Joshua-Salvation..
Deur die 1ste Koms word die mens uit sonde uitgehaal,deur Jesus Christus..to be drawn out..
Deur die 2de Koms word die volk ingevat in die belofte deur Saligheid..
Die volk kon in die land ingaan deur om die stad te stap,13 keer om die stad Jericho.
Vir 6 dae het hulle gestap,en op die 7de dag 7 keer.
6+7=13 (h13 = destruction)
Die HERE het met Neels gedeel:
Dit is die 7de Dag en die jaar 13 van 2013..
GOD se Plan met die Kerk..om die Kerk uit te haal uit godsdiens..te bring in die woestyn..en in te
vat by die land..in Christus.
-In 2013 sterf die grootste natuurlike leier Nelson Mandela en die grootste geestelike leier Kobus
van Rensburg twee weke uit mekaar uit.
GOD het die oud met Neels gedeel,maar nie die nuut oor wat GOD gaan doen nie.GOD gaan die
oud vernietig,en HY gaan iets nuuts doen.
-Pastoor Konferensie was gehou deur Neels 2013 vanaf die 10de September tot die 12de
September..en n leierskap Konferensie met CiM se leierskap vanaf die 13de tot die 14de..
GOD se Woord vir Neels op die 14 September 2013:HY kies vir CiM as Juda wat weggebreek het
van Israel,en HY salf vir Xandré as Dawid oor Juda.
GOD gee die Verbond daardie aand..14 September 2013
Skrifgedeelte Openb.12:11
11En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en
hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
-05 Augustus 2014 skud Neels en Xandré hande..waar hy homself onderwerp aan Xandré se
vaderskap..en die aarde skud vanaf Stilfontein tot by Pretoria..
-12 September 2014 word die eerste 7 leermeesters aangestel..
-Die volgende dag se Woordskool sê Xandré,"GOD het die sneller gister getrek in Nigeria,die vuur
gaan nou kom vanuit SA."
-Die dinsdag toe kom die nuus dat die 6 verdieping gebou van -Tb Joshua het inmekaar geval op
die 12 September 2014,dieselfde tyd toe die eerste 7 leermeesters aangestel was.
-GOD het een van die eerste 7 leermeesters gestuur na kranshoek..
Vandag is daar slegs twee plekke waar die openbaring van Jesus Christus gepreek
word..Pretoria en Kranshoek.
GOD het twee groepe mense uitverkies.
Vanuit Pretoria en ook kranshoek..
Die 1ste ding wat jou tref van hierdie openbaring is dat jy maak klaar met Jesus se vlees sodat jy
met jou vlees kan klaarmaak en ook kan opstaan saam met hom..
Dit gaan nie oor die vlees van Jesus nie..
(Skrifverwysing.2Kor.5 :14 - 21)
Ons moet klaarmaak met die vlees van Jesus sodat ons met ons vlees kan klaarmaak.
Skrifgedeelte Ex12:1-10
1EN die Here het met Moses en Aäron in Egipteland gespreek en gesê:
2 Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van
die maande van die jaar wees.
3Spreek tot die hele vergadering van Israel en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle
elkeen 'n lam neem volgens die families, 'n lam vir 'n huisgesin.
4Maar as 'n huisgesin te klein is vir 'n lam, dan moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy
huis is, dit neem volgens die sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal
op die lam bereken.
5Julle moet 'n lam hê sonder gebrek, 'n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan
julle dit neem.
6En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele
vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.
7En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel,
aan die huise waarin hulle dit eet.
8En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode
moet hulle dit met bitter kruie eet.
9Julle moet daarvan nie eet as dit rou is en as dit in water gaar gekook is nie, maar oor die vuur
gebraai, die kop en pootjies saam met die binnegoed.
10 Julle mag daar ook niks van laat oorbly tot die môre toe nie; maar wat daarvan tot die môre
oorbly, moet julle met vuur verbrand.
Die lam sonder gebrek is n tipe van Jesus Christus as lam..
14 dag van ons 1ste maand is die 14de September,waar GOD die Verbond gebring het net soos
met Israel..op die 14de van hulle 1ste maand asook op die 14de van ons 1ste maand.
Dit gaan nie oor die lam nie,die lam haal jou uit Egipte,maar vat jou nie in die land in nie..
GOD het die openbaring gebring in die 13de jaar van die 7de Dag
GOD wil ons n nuwe hart gee,en n nuwe Gees..(Skrif verwysing: Es.36:26)
Ons was uitgehaal uit Egipte..
Die tweede koms van Christus is vir saligheid..
Skrif verwysing(heb.9:28)
28so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoer is om die sondes van baie weg te neem, vir die
tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.
Eks.3:17
17Daarom het Ek besluit: Ek wil julle uit die ellende van Egipte laat optrek na die land van die
Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, na 'n land wat oorloop
van melk en heuning.
Daar is ses nasies wat in die land is wat moet vernietig word in die land.
Deut.20:17
17Maar jy moet hulle heeltemal met die banvloek tref: die Hetiete en Amoriete, die Kanaäniete
en Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos die Here jou God jou beveel het
Die ses nasies moet uitgeroei word,heeltemal..
Hier is ses goed wat nie onder ons mag wees nie,wat moet doodgemaak word.
Ses karaktereienskappe wat ons nie mag hê in die koninkryk nie:
1.Hetiete: om bang te wees,gebroke te wees,vrees te saai,verdeelheid te bewerk,
2.Amoriete: om te roem in self,praat baie doen niks,groot in eie oë.
3.Kanaaniete:iemand wie se god mammon is,peddler,merchant,traicker
4.Feresiete:Mense sonder grense,beginselloos, bewerk verdeeldheid
5.Hewiete:Van kerk tot kerk,hy is tydelik, geloof tot geloof
6.Jebusiet: besoedel ander met eie kennis van goed en kwaad,onleerbaar..slim in eie opinie.
(Skrif verwysing Josh6:21)
21En alles wat in die stad was, het hulle deur die skerpte van die swaard met die banvloek
getref, man sowel as vrou, jonk sowel as oud, tot bees, skaap en esel toe.
GOD laat die mure val,maar ons moet self die eienskappe uitroei.
Eph.4:4-6
1EK vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping
waarmee julle geroep is,
2 met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde
verdra
3en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.
4Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;
5 een Here, een geloof, een doop,
6 een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.
GOD werk nie met verdeelheid nie,HY werk met eenheid,HY is EEN.
Staan dan vas,wees manne en vroue van karakter..
Afsluiting:
(Storie van job)
GOD moet kan bank op ons..
Kan GOD bank op my soos Hy gebank het op Job?
