Die Opstandingdag
Hoekom is herders so krities wanneer dit kom by die opstanding van Christus?
Skrifgedeelte: (John 10:1)
“Most assuredly, I say to you, he who does not enter the sheepfold by the door, but climbs up
some other way, the same is a thief and a robber.”
Dit is baie duidelik dat daar een manier is by God: een weg en een hek. Daar is ’n manier van
God wat belangrik is vir Sy kudde om te verstaan.
Skrifgedeelte (John 10:2-3)
“But he who enters by the door is the shepherd of the sheep.”
Hy wat deur die hek gaan, hy word genoem die herder van die skape.
Enige herder of leier wat mense lei, MOET deur die hek ingaan. Jesus sê Hy is die weg, die
waarheid en die lewe (Joh. 14:6).
Die blinddoek moet verwyder word van die oë van die kerk af (2 Cor. 3:12-18). Die grootste leuen
waarmee ons vandag sit, is dat die vlees God word—en dit kan nie. Vlees en Gees staan loodreg
teenoor mekaar, en vlees en bloed kan God nie behaag nie (Rom. 1:25-27). Daarom moet ’n
herder die hek mooi kan verduidelik: die dood en die opstanding van Jesus Christus.
Wat was opgewek?
-’n Verheerlikte liggaam, alhoewel ’n vlekkelose vlees-liggaam betaal het. ’n Vlekkelose, rein
Lam was nodig om die families los te koop.
God het die mens gemaak na Sy beeld en Sy gelykenis (Gen. 1:26). Die maatstaf om iemand te
oordeel volgens goed of kwaad was nooit God se plan nie. Die kerk is vol van "goed en kwaad".
Slegs herders wat die hek reg kan aanwys, opvoed en leer, is diegene wat die skape in die kraal
kan kry. Die res is diewe en rowers—valse herders. Die eienskap van ’n ware herder rus juis
daarin dat hy die hek reg kan verduidelik, leer en onderrig.
Skrifgedeelte (John 10:3)
3“To him the doorkeeper opens, and the sheep hear his voice; and he calls his own sheep by
name and leads them out.”
Alles gaan oor die weg, die deur of die hek—om die opstanding en die dood van ons Here Jesus
Christus reg te kan verduidelik. God as ’n "doorkeeper" sal oopmaak aan daardie herder om die
skape in en uit te lei met sy stem (Hand. 10:36).
God se stem, God se gesag en God se outoriteit kan slegs deur herders gehoor word as hulle die
hek of die deur reg kan onderskei. Dan maak God daardie hek oop. Anders hou Hy dit toe, maar
diewe en rowers wil van die kant af inklim. Daarom: vlug vir die stem van vreemdes; hulle wat
nie die hek reg kan verduidelik en onderrig nie. Vlug van die leraars en opvoeders wat nie die
dood en opstanding van onse Here Jesus Christus reg kan verduidelik nie.
Wat doen baie mense?
Hulle kom tot by die dood—tot by die deur. Hulle hou jou by die dood van Jesus Christus en
bring jou nooit by die ware definisie van dit wat die opstanding is nie. Die liggaam van Jesus was
die een oer; as een gesterf het, het almal gesterf.
Skrifgedeelte (2 Kor. 5:14-15)
14“For the love of Christ compels us, because we judge thus: that if One died for all, then all
died...”
’n Lam moes betaal sodat ’n familie vry kon kom. Bloed moes aan die deurkosyn kom.
Skrifgedeelte (Exodus 12:5-10)
5“Your lamb shall be without blemish, a male of the first year...”
Die bloed sou slegs dien as ’n werk wat Israel uit Egipte sou kry—die "passover", die oorgang na.
Ons vier die "deliverance" oor na ’n belofte.
Maar wat gebeur nou?
Ons gaan staan slegs by die bloed, by die deurkosyn. Ons bly by die bloed van die Lam en kom
nooit by die doel daarvan uit nie. Die doel van die Lam was nog altyd dat ons deur die Rooisee
tot in die belofte moes kom.
Om daar te kom, het ons die regte herder nodig wat vir ons die hek reg kan verduidelik, sodat
God die hek kan oopmaak. Dan het die herder die reg om die skape te lei, in en uit. God is besig
om fundamentele dinge by ons weer vas te maak, om die onderskeid te tref tussen die oer en
die Hoëpriester. Ons moet nie moeg raak om van die 13de en 14de geslag, of die 41ste en 42ste
geslag te hoor nie..skrifverwysing(Matt.1:17); dit wys vir ons die akkuraatheid van die hek uit.
Wie dien as jou kerkleier? Wie dien as jou geestelike inspraak? Wie dien as jou geestelike vader?
Dit is hoekom die openbaring van Jesus Christus so ’n groot krag is vir ons as gemeente. Jesus
Christus moes as ’n voorbeeld vir ons kom dien in ’n baie spesifieke tyd: Seun van die Mens
(Jesus), as ’n Seun van die lewende God (Jesus Christus, Hoëpriester).
Hoe het ons te hore gekom aan hierdie openbaring?
Dit het gekom deur ’n man wat die openbaring kon verstaan. Xandré het ’n droom gehad oor die
skeur van die liggaam van Jesus, sodat die skat, Christus, in hom geopenbaar kon word (Kol.
1:27). Om antwoord te gee aan God se droom om die aarde te vul met Sy heerlikheid, moet ons
die onderskeid tref tussen die doel van ’n deur en waarnatoe dit jou moet vat. Die vlees van
Jesus was vir jare gebruik as ’n blinddoek vir die kerk om nie uit te kom by die doel van die dood
nie.
Skrifgedeelte (2 Cor. 3:7-8)
“But if the ministry of death, written and engraved on stones, was glorious, so that the children
of Israel could not look steadily at the face of Moses because of the glory of his countenance,
which glory was passing away, how will the ministry of the Spirit not be more glorious?”
God wil die aarde vul met Sy heerlikheid. Moses het ’n heerlikheid gehad, maar dit was aan die
verbygaan.
Skrifgedeelte (2 Cor. 3:9)
“For if the ministry of condemnation had glory, the ministry of righteousness exceeds much
more in glory.”
Die bediening van geregtigheid gaan vooruit in heerlikheid. Geregtigheid is ’n grondslag wat ons
moet besef ’n belofte is.
Wat is geregtigheid? "The state as one ought to be."
Skrifgedeelte (2 Cor. 3:10-11)
“For even what was made glorious had no glory in this respect, because of the glory that excels.
For if what is passing away was glorious, what remains is much more glorious.”
Daar was ’n manier wat heerlikheid sou bring, maar daardie manier sou verwyder word. Voor die
kruis was daar ’n manier en weg; na die kruis is daar ’n nuwe manier en weg. Hierdie heerlikheid
van God gaan nie verbygaan nie, want God het gesweer so seker as wat Hy leef, sal die aarde
gevul word met Sy heerlikheid (Num. 14:20-21).
Hoe wou Hy dit doen?
Deur ’n dood en ’n opstanding. Dit is die enigste manier hoe Hy die aarde kan vul met Sy
heerlikheid: deur mense wat gebore word as ’n 1ste Adam-spesie, wat tot begrip kom deur
wedergeboorte dat hulle ’n nuwe skepsel (2de Adam-spesie) is en die denke van Christus het.
Daar sal goeie herders kom wat die weg/hek sal uitwys en die doel van die oer sal verklaar, wat
weer ’n denkrigting in die mensdom sou kultiveer.
Die Heerlikheid van God is Sy een siening, een opinie en een oordeel.
Ons denke moet gevul word met God se siening.
Skrifgedeelte (1 Cor. 2:16)
16 “For ‘who has known the mind of the Lord that he may instruct Him?’ But we have the mind of
Christ.”
Voor die sonde was daar ongehoorsaamheid aan die "instruction of God". Adam en Eva was die
beeld en gelykenis van God (Gen. 1:26), maar ’n slang/dief het ingekom met ’n ander kennis
(Gen. 3). Hulle het ’n ander instruksie gevolg; toe is daar ’n ander maatstaf: goed en kwaad. So
word die denke geblinddoek deur ’n valse siening, en dit noem God diewe en rowers—hulle wat
nie die hek akkuraat kan uitwys nie.
Skrifgedeelte (2 Cor. 3:12-14)
“Therefore, since we have such hope, we use great boldness of speech—unlike Moses, who put
a veil over his face so that the children of Israel could not look steadily at the end of what was
passing away. But their minds were blinded. For until this day the same veil remains unlifted in
the reading of the Old Testament, because the veil is taken away in Christ.”
Hoekom preek die kerk die "veil"? Hoekom preek mense die vlees?
Want dit is ’n heerlikheid wat aan die verbygaan is; dit is korruptheid! Die blinddoek wat die
vyand as strategie gebruik het, het die vlees van Jesus geword. Mense het gaan stilstaan by die
toe deur en nooit uitgekom by die skat wat in Hom was nie.
Skrifgedeelte (2 Cor. 4:1-4)
1.“Therefore, since we have this ministry, as we have received mercy, we do not lose heart. But
we have renounced the hidden things of shame, not walking in craftiness nor handling the word
of God deceitfully, but by manifestation of the truth commending ourselves to every man’s
conscience in the sight of God. But even if our gospel is veiled, it is veiled to those who are
perishing, whose minds the god of this age has blinded...”
’n Bediening en ’n Woord word toevertrou aan ware herders om die voorhangsel te verwyder. Die
vyand wil jou laat stilstaan by die dood sodat jy nooit by die opstanding kom nie. Jy moet kan
"passover". Skeur die geskenkpakkie en kom by die geskenk uit!
Wat volg op bekering?
-Die Koninkryk (Matt. 4:17).
Maar solank jou denke geblinddoek is, kan jy nie bekeer nie, want jy weet nie waarnatoe jy
bekeer nie.
Wat is die doel van die teken van Jona? Dit is om mense tot bekering te bring na God se plan.
Skrifgedeelte (Matt. 16:1-4)
1.“...A wicked and adulterous generation seeks after a sign, and no sign shall be given to it
except the sign of the prophet
Jonah.”
Jona (G2495) beteken "dove" (duif).
Waar lees ons van ’n duif?
Skrifgedeelte (Luk. 3:21-22)
“...and the Holy Spirit descended in bodily form like a dove upon Him, and a voice came from
heaven which said, ‘You are My beloved Son; in You I am well pleased.’”
Jesus was die eerste voorbeeld van die teken van Jona. Hy het eers op 30 Sy bediening ontvang
toe die duif op Hom neersak. ’n Kind was gebore (Jesus), maar ’n Seun was gegee (Jes. 9:6).
Ons moet met ons mond die weg bely, maar ook die doel daarvan (Rom. 10:9).
Dag 3 moes die skepsel weer sy plek inneem; Dag 7 moes hy in die rus van God ingaan (Gen.
2:1-3). ’n Dag is soos duisend jaar (2 Pet. 3:8).
Ons is 2026 jaar na die kruis (Dag 3) en in die 7de duisendste jaar sedert die skepping (Dag 7).
Ons kan slegs vanuit die rus van God akkuraat heers.
Skrifgedeelte Matt. 16:5-12
“Take heed and beware of the leaven of the Pharisees and the Sadducees.”
Pasop vir die suurdeeg van onakkurate leer.
Skrifgedeelte (Matt. 16:16-19)
16 “Simon Peter answered and said, ‘You are the Christ, the Son of the living God.’ Jesus
answered and said to him, ‘Blessed are you, Simon Bar-Jonah, for flesh and blood has not
revealed this to you, but My Father who is in heaven. And I also say to you that you are Peter, and
on this rock I will build My church... And I will give you the keys of the kingdom of heaven...’”
God bou Sy kerk op die rots van mense wat die teken van Jona verstaan.
Skrifgedeelte (Heb. 11:32-40)
“...Others were tortured, not accepting deliverance, that they might obtain a better
resurrection... And all these, having obtained a good testimony through faith, did not receive the
promise, God having provided something better for us, that they should not be made perfect
apart from us.”
Die geloofshelde het nie die belofte verkry nie, maar ons het! Jy is die geslag wat deel het aan
die belofte van Sy opstanding. Die tweede koms sou nie kom met water nie, maar met vuur.
Skrifgedeelte (2 Pet. 3:8-10)
8“But, beloved, do not forget this one thing, that with the Lord one day is as a thousand years,
and a thousand years as one day... But the day of the Lord will come as a thief in the night, in
which the heavens will pass away with a great noise, and the elements will melt with fervent
heat...”
Skrifgedeelte (Matt. 12:38-41)
38.“...For as Jonah was three days and three nights in the belly of the great fish, so will the Son
of Man be three days and three nights in the heart of the earth. The men of Nineveh will rise up in
the judgment with this generation and condemn it, because they repented at the preaching of
Jonah; and indeed a greater than Jonah is here.”
Daar sal ’n generasie opstaan wat ’n oordeel sal vel in akkuraatheid. Alles gaan oor Dawid! Jesus
word erken as die Seun van Dawid. God wou nog altyd ’n Dawid-herderskap hê..skrifverwysing
(Ps. 89).
Skrifgedeelte (Heb. 12:25-29)
25“See that you do not refuse Him who speaks... ‘Yet once more I shake not only the earth, but
also heaven.’ ...Therefore, since we are receiving a kingdom which cannot be shaken, let us have
grace... For our God is a consuming fire.”
God se genade moet ons opvoed om wêreldse begeertes te verloën..skrifverwysing(Tit. 2:11).
In die dag van Noag het ons die stem van God se genade nodig. Die doel van die teken van die
duif is dat jy uit die onverganklike saad van God gebore is..skrifverwysing(1 Pet. 1:23).
Skrifgedeelte (Heb. 4:1-9)
“Therefore, since a promise remains of entering His rest, let us fear lest any of you seem to have
come short of it... Again He designates a certain day, saying in David, ‘Today,’ after such a long
time... ‘Today, if you will hear His voice, do not harden your hearts.’ ...There remains therefore a
rest for the people of God.”
Die opstandingsdag kom met ’n belofte van ’n nuwe hemel en aarde waarin geregtigheid woon.
Skrifgedeelte (Col. 3:1-11)
“If then you were raised with Christ, seek those things which are above... Set your mind on
things above, not on things on the earth. For you died, and your life is hidden with Christ in God.
When Christ who is our life appears, then you also will appear with Him in glory... and have put
on the new man who is renewed in knowledge according to the image of Him who created
him...”
As een saadkorrel gesterf het, moet daar ’n groot oes opstaan (Joh. 12:24). Jy kan net nuut
geskep word as jy die ware evangelie vind. By God is Christus alles en in alles, en dit moet
opstaan in die 3rde dag en die 7de dag!
Die troon van Dawid sal geadministreer word, van geslag tot geslag tot geslag.
05/04/2026
Die Opstandingsdag
Comments
No comment
Be the first to post a comment
