05/07/2026

God se begeerte (Kranshoek)

Die Here se liefde is iets wat onblusbaar is soos n vuur,maar Sy liefde vir wat? 
Vir Sy begeerte..
Mense was deur eeue en geslagte "revival minded.."
Daar moet baie geroep wees..die Gees van die HERE is besig om te roep.
GOD roep Sy lammertjies,Hy roep Sy skape,Hy roep die Herders..
GOD se roep,roep uit na Sy Droom;Sy Plan en Sy Strategie!
GOD het n uitverkore volk nodig!
Daar is baie geroep,maar daar is min uitverkies!
Skrifverwysing(Matt.22:14)
Ons vind ons vind onsself in n plek waar GOD uitverkiesing gee..ons noem dit aanneming tot Seunskap..
GOD het n begeerte na Seuns van GOD wat hierdie sal vul met die heerlikheid van GOD..
Ons moenie dowe oor draai op GOD se roep nie..en ons moet ook nie n blinde oog draai op GOD se uitverkiesing nie..
Want GODse oë soek na harte onverdeeld op HOM gerig..Skrifverwysing( 2 Chron.16:9)
GOD is besig om in SA n werk te werk..Hy roep,maar HY is ook besig om uit te verkies!
GOD soek na mense wat bereid is om hulle lewens prys te gee vir Sy droom vir Sy Plan en vir Sy doel..ons moet daai mense wees!
Die HERE hunker na n gemeente en mensdom wat weer HOM sal ken vir wie HY is..
(Skrifverwysing Joh.4)
Jesus Christus was deur die Gees van GOD oorgegee om totaal en al deur hom gelei te word..
Dit gaan oor wie GOD gestuur het,nie wat nie..
GOD stuur n wie.
Slegs die gawe van GOD wie Hy stuur,kan die dors van mens les..
Die vrou van Samaria was dors..sy het n behoefte gehad..
Jesus Christus het gekom met n fontein..nie met n put nie..n fontein van lewende waters..
Dit is belangrik vir ons om die wie van GOD te ken..daar is baie manne van GOD,maar wie is die aangesteldes van GOD?
N ware aangestelde van GOD sal jou nie bind in jou behoeftes nie..hy sal jou oopsluit en toerus met die begeerte van GOD in jou lewe..
Wanneer jy by n ware godsman uitkom,n ware aangestelde dan sal hy nie vir jou n waterkan kom gee nie,hy sal vir jou n fontein van lewende water gee wat opspring tot in die ewige lewe..

Skrifgedeelte Joh.17
1After Jesus said this, he looked toward heaven and prayed:
“Father, the hour has come. Glorify your Son, that your Son may glorify you. 2 For you granted him authority over all people that he might give eternal life to all those you have given him
Jesus Christus het besef dat GOD sou sekere mense na hom toe stuur....skrifverwysing(Joh.6:43-45)
GOD trek mense na n boodskap toe..wat is die doel van daardie boodskap?
Om die ewige lewe te kan hê! hê!
Hê! is n vandag woord..nie n eendag ding nie..GOD wil hê ons moet die ewige lewe hê!

3And this is eternal life, that they may know You, the only true God, and Jesus Christ whom You have sent. 

GOD se doel met die Bybel is so eenvoudig soos;mens moet die ewige lewe te kan hê..
Wat is die ewige lewe?
Om die enige waaragtige GOD te ken en die Here Jesus Christus!
Dit is kosbaar om die enige waaragtige GOD te kan ken,nie om van Hom te weet nie,maar om Hom te ken!
As jy die GOD van hemel en aarde kan ken,tot wat is jy instaat?
As GOD aan jou kant is,wat is jy instaat om te kan behaal en bereik in jou lewe?
Daar is niemand beter om aan jou kant te hê as GOD nie! Wat is vir jou ontmoontlik as GOD aan jou kant is?
Daar is geen groter eer vir ons as mens as om GOD aan jou kant te hê nie,maar meer as dit; as om Hom te ken nie..
n Ware godsman gaan vir jou sê jy kan GOD ken..meer as dit,jy kan deur GOD geken word..
GOD het n intensie met elkeen van ons as mens..
Dit is die goeie nuus!
GOD het een begeerte en dit is om die mens weer by Hom uit te kry dat die mens Hom kan ken..
Sou mens weer GOD kan ken as sy Maker en Man, wat sal dan gebeur?
Dan kan GOD se droom bewaarheid word met hulle lewens!
Die vyand is meesterlik om mense te isoleer!
Isolasie maak jou absoluut oneffektief by GOD..dit maak jou wys in jou eie siening en opinie en oordeel!

GOD het n diep hunkering na mense wat HOM moet leer ken!
Wanneer ons GOD ken,wat gebeur?
Ons kan die regte reaksie het op GOD se aksie!
GOD is besig met n aksie! Om die aarde te vul met Sy heerlikheid! GOD is besig om te roep!
Maar wie is hulle wat Hy uitverkies?
Dit bepaal ons!
Nie GOD nie!
Sou die Gees in jou hart begin werk,en jou geestelike oë van verstand gaan oop..die blinddoek word verwyder..dan begin jy jou eie begeertes neerlê aflê en kruisig..
Dit was die hartseer van die Israeliete..GOD werk in hulle midde,maar hulle verlang na die kospotte van Egipte..
Hulle was besig met hulle behoeftes..

Kan jy sien waarmee is die HERE besig?
Kom jy vir jou behoefte? 
Of kom jy vir GOD se begeerte?
Honger jy na n kospot? Of n waterpot?
Of honger jy na die lewende Woord van GOD?
Of die fontein van GOD wat uit jou binneste moet kom?
Jy gaan bepaal wat les jou dors en jou honger..
Want jy gaan kies!
Die god van hierdie wêreld wil jou sinne verblind..sodat jy kan wees soos die Israeliete..
Isolasie maak mense wys in hulle opinies,en maak hulle passief,nie aktief nie!
Jy raak besig ,maar jy is nie effektief vir GOD se werk nie!
In jou emosies voel jy goed maar jy mis die werk van GOD..en dit moet nie so wees nie!

GOD praat oor liefde die Bybel vol!
Skrifverwysing 1Cor.13
Geloof,hoop en liefde!(1 Cor.13:13)
Jy kan nie by die grootste hiervan uitkom as jy nie geloof het nie!
Hoe kom geloof?Geloof kom deur die Woord van GOD (Skrifverwysing Rom.10:17)
As jy nie by die regte man van GOD uitkom nie,die Woord van GOD gaan nie geloof kan kultiveer nie,as daar nie geloof is nie;kan hoop nie gekultiveer word nie,en sonder hoop kan liefde nie sy doel bereik nie..
Jesus het by die Samaritaanse vrou geloof opgewek deur n boodskap,sodat sy hoop kon hê;sodat sy  GOD kon ken en Sy liefde vir haar..
Wanneer ons hunker na GOD dan moet dit kom uit geloof uit..anders gaan ons nooit by liefde van GOD kan uitkom nie..
( Skrifverwysing 1 Joh.4:17 )
Ons sal nooit soos GOD kan wees in die aarde sonder die akurate boodskap nie,want hulle gaan jou besig hou met jou behoeftes en nie GOD se begeertes nie!
Daar is altyd een bron wat roep binne in n mens!

GOD het n begeerte,Hy het!
GOD kom maak Sy begeerte bekend aan hierdie gemeente..
GOD se vir kranshoek;daar is n werk waarmee ek besig is in Suid Afrika,Ek kies julle as gemeente om daaraan deel te vorm!
GOD is besig met n regenerasie werk vanuit Suid-Afrika uit!
GOD kom maak Sy begeerte bekend in Suid-Afrika en Hy kies jou om daaraan deel te hê..
Die GOD van hemel en aarde het gekies om Sy werk te begin vanuit Suid Afrika en Hy het jou gekies..
Alhoewel jy kom met jou behoefte..sê Hy; "..kyk na die voëltjies in die lug..(skrifverwysing Matt.6:26)
Moenie bekommerd wees oor wat jy gaan eet en wat jy gaan drink nie..lig jou geloof!Ek wil graag my begeerte bekend maak aan jou,en dit aan jou toevertrou,sal jy My leer ken om dit te bereik?Wil jy deel hê aan dit?Sal jy inkoop in My hartsbegeerte?"
Moenie laat ons wees soos die dissipels nie..
Wat was die probleem met Petrus?
Jy volg nou die gesalfde,jy raak bekend met hom,jy raak familiêr met hom..wat gebeur dan?
Dan skop iets in wat genoem word "evil" ..
Evil - slight,easy,ordinary(om net saam die gestuurde te loop)
Dit is dan waar GOD sê,  "koud of warm..maar  lou,nee!,maak my naar!"
Petrus was besig om brood te gaan koop terwyl Jesus besig was met n boodskap,besig met n werk!
Hoe gebeur dit dat behoefte swaarder weeg as GOD se begeerte?
Dit gebeur met n "evil heart of unbelief!" Skrifverwysing (Heb.3:12)
Dit was so met die Israeliete ook!
Dalk sit ons hier vanoggend en GOD is besig met n werk,en GOD het dalk n begeerte vir hierdie gemeente;hierdie gemeenskap..maar ons is dalk besig met ons behoefte!

Maar hier is die goeie nuus! 
GOD is lankmoedig,GOD is aanhoudend,GOD gee nie op nie! GOD is vandag,môre tot in alle ewigheid dieselfde!

GOD roep baie! Maar min sal uitverkies word!
Vanuit die uitverkiesdes gaan GOD werk wat Hy wil werk!
Die algemene godsdiens kerke het dit gemaak oor baie mense,maar vir GOD gaan dit oor spesifieke mense!
Net so konstant en definitief die dood is,net so is GOD ook in hierdie aarde..
Daar gaan vir almal van ons n dag wees waar ons gaan moet rekenskap gee aan GOD!
So sekerlik soos daar dood bestaan,so sekerlik is daar GOD wat bestaan!
Wanneer ons hierdie begin verstaan,moet daar iets met ons hart gebeur..het ek nog die dag van môre?
Die goeie nuus is;GOD sê.."ons gaan jou behoefte hanteer,maar kan ek jou toevertrou met My begeerte..jy is nie net geroep nie,Ek het jou uitverkies om My begeerte te bewaarheid in die aarde,sal jy?wil jy?gaan jy?"

Dit is absoluut waaroor dit gaan!

Jy staan altyd met die volgende in jou hande:
Óf jy staan met wat Hy wil hê,Sy begeerte..
Óf jy staan met dit wat jy vashou en wil hê of na soek..
Die hand wat wil vat teenoor die hand wat moet gee..
Petrus se behoefte het op n tyd sy aksies gedryf..tot hy geroep was om antwoord te kan gee aan GOD se begeerte..
Baie godsmanne het aanvanklik begin met n behoeftesversoek,toe gaan hulle oë oop na n begeertesversoek van GOD,en hulle raak toe versoek deur die vyand..en raak weer besig met hulle behoeftes in plaas van met die begeertes van GOD...

Hoe bly jy by die begeerte van GOD?
Deur om HOM te ken..
Voordat daar liefde kan wees..het jy geloof nodig..
Geloof is welbehaaglik vir GOD,maar dit kom slegs deur die akurate Woord van GOD..

GOD roep nou..Hy is besig om te roep nou...maar Hy het julle uitverkies..uitverkies vir wat?
Vir Sy werk,nie vir jou eie werk nie..wees versigtig dat jy nie so besig raak met behoefte gedrewe dinge,dat jy GOD se begeerte mis nie..
Wanneer ons besef dit is met GOD waarmee ons werk,dan gaan ons hart soos klei raak..
Ons Marta geweldig vinnig..
As ons as gemeente nie onsself hou op daai plekkie nie,raak ons vinnig besig met baie dinge..en ons mis die pragtige werk van GOD waarmee Hy besig is..wat Hy aan jou kom toevertrou het..

"Sal jy aanmeld?want Ek het jou gekies,maar meer as dit Ek het jou nie net gekies nie,Ek het jou uitverkies,meer as dit,Ek gaan nou roep,maar waarnatoe bring Ek hulle wat Ek roep,na wie toe bring Ek hulle? Na n hart wat onverdeeld gerig is op My?"

GOD is besig om besig om baie intensief met ons as gemeente te werk,om Hom te kan ken..
Want as jy Hom ken,raai wat gaan gebeur?
Jy gaan Sy begeertes koester..jy gaan Hom altyd eerste plaas..en raai wat is die gevolg daarvan?
Die werk bereik sy doel..
As jy jou hart nie oopmaak vir die genade en barmhartigheid van GOD nie,vir die akurate Woord van GOD nie..gaan dit, om die Here onse GOD te ken vir jou n alledaagse slagspreuk word..en dit sal die grootste tragedie wees..
Jou skat gaan jou behoefte word..dit gaan nie GOD se begeerte wees nie..
Leer dat GOD is nie gefokus op kwantiteit nie,Hy is gefokus op kwaliteit..
Die Here is in hierdie gemeente besig om kwaliteit op te wek..nie kwantiteit nie..
Hou jouself by kwaliteit..
Daarom om die enige waaragtige GOD te ken en die Here Jesus Christus wat Hy gestuur het..
Vir jou om die openbaring van Jesus Christus as n evangelie te kan ontvang..
VIr jou om die onderskeid te kan tref tussen dit wat die liggaam as n offer voor moes dien,en dit wat die Hoëpriester is,in dit wat die Verbonds-administrasie voor dien..om die onderskeid tussen die twee goed te tref moet klaar vir jou sê;ek kan die Here Jesus Christus ken wat GOD gestuur het..
As jy verstaan die verskil tussen die 41ste en 42ste geslag..as jy uit die lokval van die vyand en  godsdienstige houvas van die kerk kan uitkom..om die sien Jesus is nie GOD nie,Jesus se liggaam het gedien as n offer vir GOD..en Jesus Christus sit aan die regterhand van GOD..dan is die sluier mos geskeur,die god van hierdie wêreld se blinddoek is daarmee heen!

Dan moet dit mos vir jou vertel van wie en wat jy is,maar dan moet dit jou ook iets vertel van die boodskappers...dan gaan jy mos ander agting en respek hê vir die boodskappers met GOD se boodskap..
Dit is hoekom,om met hierdie evangelie van die heerlikheid van Christus te sit,dit is GOD se skat!
Want dit stel jou instaat om die Hoëpriester te kan ken,maar hoekom?
Sodat jy GOD kan ken,en deur HOM geken te kan word..
So vir die eerste keer kan GOD begin toegang kry in die aarde deur mense se harte..nou kan Hy begin skryf op hulle harte en op hulle denke..
Ewe skielik kan GOD begin voorwerpe hê van besonderse gebruik in Sy Huis..
GOD ag die harte van die mense in hierdie gemeente..
Jou hart is vir GOD kosbaar..jou hart is GOD se skat..die vraag is;
Ag jou hart GOD as sy skat? Wat is die skat in jou hart?
Want GOD het kom wys hierin dat Sy liefde volmaaktheid kan bereik..deur n akurate boodskap wat jou die Here Jesus Christus kan laat ken..sodat jy die enige waaragtige GOD kan ken..

Die verborgenheid wat GOD bestem het om openbaar te word,is Christus in jou,die hoop op GOD se heerlikheid,en hom verkondig ons..skrifverwysing (Col.1:26-28)
Hoekom?
Want nou kan ons uitkom by GOD se begeerte en nie ons behoefte nie..
Wat sal GOD kan bemagtig deur n mens wat hulleself heelhartig gee vir Sy begeerte?
Hy sal alles kan bereik,alles!
Ons in hierdie gemeente het n wesenlike probleem as ons nie uitkom by die eerste dinge eerste nie..
Die eerste dinge aangaande Christus eerste nie..
Ons moet besef die grootste skat wat ons kan kry is die ewige lewe..anders is alles anders tevergeefs..
Maak GOD jou begeerte en nie jou behoefte vir wat Hy vir jou kan kom doen nie!
Anders soek ons nie allereers nie,dan soek ons dan die ander dinge..en dan allereers die koninkryk van GOD..
Daar is n konstante tweestryd tussen die behoeftes van mens teenoor die begeertes van GOD..
Moet nooit laat die weegskaal van ons behoeftes swaarder weeg as die van GOD se begeertes nie,nooit nie!
Weet dat GOD gaan ook antwoord gee aan jou behoeftes,maar eers as jy antwoord gee aan Sy begeertes..dit is hoe die wiskunde werk!
Om die behoeftes aan te spreek moet ons as boodskappers jou uitkry by die begeerte!
Soek allereers die koninkryk van GOD en sy geregtigheid dan sal al die ander dinge vir jou bygevoeg word! Skrifverwysing (Matt.6:33)
Wat doen n goeie boodskapper?
Hou op soek na brood! Soek na die woorde van die lewe!
n Ware man van GOD kan jou nie besig hou met brood nie,hy moet jou besig hou met Woord! En dan gaan al die ander dinge bygevoeg word..

Is julle nog vasgevang in julle behoeftes?!

Waar is die man van GOD wat julle moes vasgemaak het aan die Woord van GOD,sodat al die ander dinge bygevoeg kon word?
So die prioriteite moet weer reg skuif in ons gemeente!

Ons moet terugkom by die visie van GOD!
As ons nie die Wiskunde som reg doen nie,dan gaan die behoeftes nie bygevoeg word nie!

Daar waar die Gees van die HERE is daar is vryheid! (2 Cor.3:17)
Daar waar die Gees van die HERE is,is daar nie slawerny nie...daar is Seunskap!
En n Seun bly altyd in die Huis van die HERE,maar n slaaf vlug!hy bly nooit in die Huis nie! (John 8:35)
Ons het n ware wynstok,n vrugbare wynstok!
Hierdie donkie gaan gebind word aan die vine,en aan die choice vine, a fruitful bow! (Gen.49:11)
Die enigste staf wat kan bot,is die staf van Aaron,hoekom? 
Want GOD is daar! Nie die behoeftes nie!
Die Here bring nie net seep nie,Hy bring ook skommeling! 
Die Here het nou die wasgoed ingegooi,die seep is nou binne,nou tap die water,wat gebeur volgende?
Die wasgoed word gewas!
GOD soek n skoon bondel wasgoed moet uitgehaal word!

Vertrou die proses;GOD is besig!

Moet nooit dink dit wat die geestelike Vader is van hierdie Visie;Xandré sal hom blindstaar vir behoeftes nie..hy doen nie,hy gee die wiskunde van GOD se begeertes,sodat al die behoeftes bygevoeg kan word!

Wanneer jy GOD weer as n skat in jou hart ondek,dan sal al die ander dinge volg..
Ons moet verstaan hoekom is GOD baie intensief besig om vir ons te wys waaraan het ons deel in CiM Collective..
Ons is besig om vir julle in die gemeente te wys die wiskunde van GOD..kom ons kry julle uit by GOD..en Sy begeerte na Seunskap..
Ons is besig om dit wat die blinddoek is uit die weg uit te ruim..
Hier is harte wat opreg opsoek is na GOD..en die harte wat so mooi is,is baie maklik om bedrieg te word..

Dit wat die geestelike visie is waaraan julle deel hê nl;CiM Collective..is belangrik vir jou om te weet jy is veilig hier..
Maar meer as dit moet julle besef GOD se Plan is veilig hier..maak nie saak wat nie, niks gaan swaarder weeg as dit nie..en GOD stuur mense daarnatoe..
En ons moet dit suiwer en rein hou..
Ons moet dit harder,en op n mooi manier,praat,bedien,leef..want dit is die antwoord vir mendsdom..

Ons moet ons waterkannetjies agterlos,sodat ons die strome van lewende water..die fontein,al hoe meer kan laat borrel..want dit spring op tot in die ewige lewe..om die enige waaragtige GOD te ken en die een wat Hy gestuur het..

Die HERE gaan nou bietjie dieper..
Dit is GOD wat wil louter,dit is GOD wat wil suiwer..
Dit is GOD wat ernstig besig is om te wys,."Ek is lief vir julle..want julle is lief vir my..en Ek gaan manne van GOD hiernatoe stuur,wat julle gaan vasmaak aan My..want dan sal al die ander dinge bygevoeg word.."
Godsdienstige rowers sal jou behoeftes gebruik as n slaanstok om jou n slaaf te hou..
Ons gee vir jou GOD se maatstaf,sodat GOD kan bereik wat Hy wil bereik in jou lewe..