15/03/2026

Ware Herderskap

Ons is hier saam om vir die Here ’n werk te hê. God het ’n begeerte na jou.

Hierdie notas moet nie net in boekies geskryf word nie, maar ook in ons harte en denke. God wil uitdagings omskep in geleenthede om ’n getuienis te gee.

God werk met ons deur instruksie.

Voor daar sonde was, was daar ongehoorsaamheid. God wil ons opvoed deur waarheid.

Kinders leer deur dit wat hulle sien, nie noodwendig deur dit wat jy sê nie. God is besig om stelselmatig ’n werk in elkeen van ons te doen.

Die vyand speel pop met mense wat in veroordeling leef.

 

Skrifverwysing:(Romeine 8:1).

 

 

God se plan met ons lewe dra groot gewig in ons lewens. Die Here sê ons moet soms “reroute”.

Wie kan opstaan teen God se geloof?

Barmhartigheid se klem lê daarin dat God Sy Seun gestuur het toe ons nog sondaars was.

 

 

Liberty:

“To live as you should and not as you please.”

 

 

Tug en Opvoeding

 

 

Die staf is daar om op te voed en nie om te slaan nie. Tug gaan gepaard met opvoeding.

Daarom is tugtiging belangrik.

Dit is sonde wat maak dat mense gebukkend gaan onder omstandighede. Sonde = swak heerskappy / swak besluitneming.

Om goeie besluitneming volgens God se manier te maak, kom deur opvoeding. Opvoeding is reeds daar om ons te help sodat ons nie op die harde manier hoef te leer nie.

 

Die Here sal ons altyd die beste inligting gee om die beste moontlike besluit te neem. Daarom is herderskap belangrik.

 

Waarom is gesonde herders nodig vir ’n gemeente? Waarom is gesonde leierskap nodig?

 

Die kern daarvan is opvoeding.

Sonder opvoeding moet mense baie keer op die harde manier leer.

 

 

Wie is die gesonde herders?

Wie is die ware herders wat God aangestel het?

 

En hoe weet ons of hulle dit is of nie?

 

 

“Die skape vrees hulle hele lewe lank die wolf, maar dit is eintlik die herder wat hulle opvreet.”

 

 

Christopher se getuienis:

“Ek is die produk van die gesonde leer deur n gesonde herderskap.” “My lewe is ’n getuienis van n gesonde invloed.”

 

Moenie die werk van God in jou lewe onderskat nie.

Selfs wanneer jy deur moeilike dinge gaan, is die Gees van die Here kragtiger as wat ons soms dink.

Ons moet begrip hê vir waar ’n persoon homself in sy lewe bevind.

 

 

Ons is gelyk in waarde, maar verskillend in funksie. Ons het elkeen ’n rol om te speel.

Daarom het ons gesonde herderskap nodig wat ons kan help om in daardie rol te beweeg. "Spiritual governance" is baie belangrik.

Daar is ’n rede waarom God die Melgisedek-priesterorde ingestel het. Dit is nie teen ons nie, maar vir ons.

’n Huis sonder orde is chaos.

Die Verskil tussen Ware en Valse Herders

Ons moet die verskil verstaan tussen gesonde herderskap en verkeerde herderskap. Ons almal is leiers, want mense kyk na ons op.

Elke persoon het invloed.

 

 

God het sekere beginsels en konsepte ingestel om ware herders te kan onderskei. God se manier dra "substance" in die aarde.

Inspirerend wees is nie dieselfde as transformasie nie. Daar is ’n groot verskil tussen:

“The joy of the Lord is my strength”

 

en

“The happiness that I’m feeling.” Happiness is gebaseer op ’n gebeurtenis. Dit is wisselvallig en nie standvastig nie. God se vreugde is standvastig.

Dit bring blywende groei en transformasie.

 

 

Skrifgedeelte: Esegiël 33

Hier sien ons die belangrikheid van ’n akkurate wagter of leier.

’n Geestelike aangestelde leier is daar om vir jou te sê wat in God se tye aangaan. Daar is aanspreeklikheid aan beide kante.

 

Die leier is aanspreeklik teenoor God.

Hy kan net spreek wat die Here vir hom sê om te spreek. (Skrifverwysing: Jakobus 3:1)

Wanneer ’n herder met ’n boodskap kom, moet hy seker maak die boodskap kom van God af.

 

 

Die kudde moet die Woord doen.

As hulle dit nie doen nie, is daar ongehoorsaamheid. Ongehoorsaamheid lei tot sonde, en sonde lei tot die dood. Voor daar sonde was, was daar ongehoorsaamheid.

’n Akkurate man van God moet seker maak dat hy slegs die Woord van God spreek. Esegiël 34 – Ware vs Valse Herders

Die herders moet die kudde voed met die akkurate Woord van God. Hier sien ons die effek van:

’n Valse herder Bring verdeling

Veroorsaak verstrooiing (scattering) ’n Ware herder

Hy sê:

“Kom nader. Kom skaap en lam van God, kom nader.”

 

Waarheen werk jou herder?

Na eenheid met God se droom, plan en strategie? Of na sy eie droom, plan en strategie?

 

Ons moet die Here, ons God, leer ken.

Bring die maatstaf om herders te meet volgens God se Woord en beginsels. God belowe dat Hy self na Sy kudde sal omsien.

Hy sal soek na Sy kudde.

Moenie bekommerd wees oor God se werk nie. God is in beheer en word nie onkant gevang nie.

Hy sal bekwame manne oprig om Sy werk voort te sit. God se werk sal altyd vervul waarvoor Hy dit gestuur het. Wat was verlore?

Skrifverwysing Esegiël 34:16

“I will seek what was lost and bring back what was driven away.”

 

 

Waarna verwys die “what”? Skrifverwying:Lukas 19:10:

“For the Son of Man has come to seek and to save that which was lost.”

 

 

Wat het deur die eeue verlore gegaan?

 

 

God se heerskappy God se koninkryk

Daarom het Jesus gesê dat God Sy koninkryk wil herstel. Skrifverwysing:(Handelinge 1:6)

God wil Sy koninkryk herstel tot Sy kudde.

Daarom moet ’n ware herder kan luister en sien wat God sê, en dit dan doen. God self sal sorg dat Sy kudde die gesonde Woord ontvang.

Hulle moet gevoed word met:

 

God se beginsels God se weë

God se oprigting

God is in beheer van Sy werk.

Wanneer Hy oordeel bring, sal Hy selfs tussen skape en skape oordeel.

 

 

Wat beteken dit?

 

 

Daar is mense en daar is mense. Sommige leef vir dit wat hulle kan vat. Ander leef vir dit wat hulle kan gee.

 

Die Kern van die Evangelie

Wat leer ons deur die lewe van Jesus Christus? Dat Hy kom gee het.

Hy het gebring:

Die Koninkryk Goddelike heerskappy Dawidiese Herderskap

God is besig met ’n werk in:

Kranshoek Suid-Afrika Pretoria

God het gekies om ’n Dawids herderskap in Sy gemeente te vestig. Waarom Dawid?

Wat was die verskil tussen Saul en Dawid? Die hart.

Dawid se hart was: Eerstens vir God

Daarna vir God se mense Skrifverwysing Handelinge 13:22:

 

“Ek het Dawid, die seun van Ísai, gevind — ’n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.”

 

 

Saul se herderskap Gebaseer op aansien Dawid se herderskap Gebaseer op hart

 

Leiers sonder die regte hart veroorsaak:

gestampery gestotery chaos

 

Die Verbond van God is ’n vreemde konsep vir baie in die kerk. Maar God werk slegs volgens Sy verbond.

 

God het nodig:

’n Herderskap wat volgens Sy opinie, oordeel en siening werk. ’n Kudde wat ’n begeerte het vir die gesonde leer.

 

Daar is herders en daar is herders. Weeg die orde.

Weeg die hart.

Jy sal vinnig agterkom of ’n man van God God se hart dra. Selfs kinders kan dit sien.

God het dit so bestem.

Skape is belangrik vir die Here.

Die gemeente is belangrik vir die Here. As jy nie die hart sien nie — hardloop.

Maak seker jy is by die regte gemeente met die regte herderskap.

 

Slot:

Wie is die herders wat eenheid bring met God se beginsels?

 

 

God lê altyd die besluit by mense se voete. God het nie verander nie — mense verander. God leer ons Sy weë.

Hy leer ons dit waarvoor Sy hart klop.

 

 

Ter afsluiting:

 

 

Is dit nie wonderlik om te weet dat ons in Sy hande is nie? Kom ons kry daardie denkrigting.

Skrifverwysing:(Romeine 15:1–2)

(Galasiërs 6:2)

Ons wat sterk is in die Woord en geloof, moet die swakhede van die swakkes help dra.

 

 

Die Here het ’n groot erns met hierdie gemeente.

 

 

Vraag vir selfondersoek:

 

 

Is ek veilig by hierdie herderskap, gemeet aan God se beginsels?