Skrifgedeelte:
1Joh 4:19-20
19 We love Him because He first loved us.
20 If someone says, “I love God,” and hates his brother, he is a liar; for he who does not
love his brother whom he has seen, how can he love God whom he has not seen?
GOD het ons eerste liefgehad
Omdat GOD ons eerste liefgehad het,daarom kan ons Hom ook lief het.
Ons grootste stoei as mens is om te verstaan hoe lief GOD ons het en nie hoe lief ons
HOM het nie.
Ons moet vol word van GOD se liefde deur die verstaan van SY liefde vir ons..sodat ons
dit kan gee,want ons kan net gee wat ons het.
Ons moet soos n kind wees met n hart wat wil ontvang..
Ons kan nooit GOD lief hê uit ons eie verstaan van wat liefde is nie,want GOD is
liefde,HY is die bron van liefde..ons moet HOM leer ken.
Die klem van ons geloof = GOD wat ons liefgehad het,en wat ons steeds lief het.
Skrifgedeelte:
1Joh.4:16 And we have known and believed the love that God has for us. God is love,
and he who abides in love abides in God, and God in him
Dit gaan oor GOD se toeganklikheid na ons harte toe,ons harte moet altyd oop kan
wees om SY liefde te kan ontvang
Dit gaan nie oor ons prestasie na GOD toe nie,maar oor SY toeganklikheid na ons hart
toe.
Ons kan nie iets ken en glo as ons nie iets vertrou nie..
Vir ons om die liefde van GOD te leer ken en te kan glo moet ons eers tyd spandeer met
liefde..GOD is liefde.
Die klem moet altyd wees vir harte om toeganklik te wees sodat ek GOD se liefde vir my
kan leer ken en in dit kan glo.
Dit waarmee jy tyd spandeer dit leer ken jy en vertrou jy.
Dit waarmee jy tyd spandeer is wat jy gaan word.
Ons hart moet altyd oop wees vir GOD om ons te kan leer,en ons harte moet ook altyd
honger na GOD om geleer te word deur HOM.
Daarom die krag van liefde se doel is om ons een te maak met GOD.
Die grondslag van die evangelie is n skepsel wat gemaak is vir sy Skepper,en daarom is
die skepsel gemaak om die heerlikheid van sy Skepper te dra.
1 Joh.4:19-21
19 We love Him because He first loved us.
20 If someone says, “I love God,” and hates his brother, he is a liar; for he who does not
love his brother whom he has seen, how can he love God whom he has not
seen? 21 And this commandment we have from Him: that he who loves God must love
his brother also.
As ons sê ons het GOD lief wat ons nie kan sien nie,dan MOET ons ons broer lief hê wat
ons kan sien..want GOD leef in die mens..die mens is GOD se skepsel..
Die mens is aanmekaar geweef deur GOD..
Hierdie is n opdrag..hy wie GOD liefhet MOET sy broer lief het.
Die pad van waarheid is n nou pad en ons moet aanhoudend dit kies..
Barmhartigheid kom wys vir ons ons waarde,en genade kom voed ons op..
Sef.3:9-17AFR53
1WEE die opstandige en die besoedelde, die verdrukkende stad.
2Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op die Here vertrou dit
nie, tot sy God kom dit nie nader nie.
3Sy vorste binne-in hom is brullende leeus; sy regters is aandwolwe wat niks vir die
môre oorlaat nie.
4Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle
verkrag die wet.
5Die Here is regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg
aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie.
6Ek het nasies uitgeroei, hulle hoekvestings is vernietig; hulle strate het Ek verwoes,
sodat niemand meer verbygaan nie; hulle stede is verniel, sodat daar geen mens, geen
inwoner in is nie.
7Ek het gesê: Mag jy My maar vrees, tugtiging aanneem! Dan sou sy woonplek nie
uitgeroei word nie, nie plaasvind alles wat Ek teen hom bestel het nie. Nogtans het hulle
met ywer al hulle handelinge bederwe.
8Daarom, verwag My, spreek die Here, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit;
want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my
grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal
deur die vuur van my ywer verteer word!
9Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van
die Here sal aanroep en Hom met 'n eenparige skouer sal dien.
10Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente,
my oerande bring.
11Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree
het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal
jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.
12En Ek sal tussen jou in laat oorbly 'n ellendige en geringe volk wat by die Naam van
die Here skuiling soek.
13 Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in
hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en
niemand sal hulle verskrik nie.
14Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter
van Jerusalem!
15Die Here het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel,
die Here is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie.
16In dié dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap
hang nie!
17Die Here jou God is by jou, 'n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met
blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.
Daar is niks wat ons kan skei van die liefde van GOD nie behalwe ons besluite..voor die
sondeval was daar n besluit..
Elke besluit het n gevolg,daarom is dit goed om altyd ons besluite vir ons Skepper te
gee..
Hoogmoed vat wortel in ons hart wanneer ons eiewys begin raak..
Vir ons om die liefde van GOD ten volle te verstaan moet ons die verlossingswerk asook
die versoeningswerk verstaan..
Ons is verlos van die oud en versoen met die nuut.
Ons hart is altyd in n tweestryd,dit waarvan ons verlos is en dit waarmee ons versoen is.
Versoening se doel is om ons een te maak met GOD..maar vir dit moet ons die werk van
GOD verstaan.
Skrifgedeelte kwoteer:(Joh.1:1-4)
1 IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
2Hy was in die begin by God.
3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat
ontstaan het nie.
4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
Die woord van GOD stel ons instaat om vanuit die lewe n besluit te maak
Kies lewe,nie dood kwaad of veroordeling nie..
Hoekom het ons gekies om deelagtig te word aan hierdie visie?
Vir ons om ons besluit te neem vanuit die boom van die lewe moet ons die onderskeid
kan tref tussen die 1ste en die 2de Adam..
Skrifgedeelte:
Heb.4:11
11 Let us therefore be diligent to enter that rest, lest anyone fall according to the same
example of disobedience. 12 For the word of God is living and powerful, and sharper
than any two-edged sword, piercing even to the division of soul and spirit, and of joints
and marrow, and is a discerner of the thoughts and intents of the heart.
Die Woord van GOD laat ons toe om ons kondisie te kan verstaan.
Daar is baie woord daar buite,maar net een Woord wat ons kan laat die onderskeid tref
teenoor wat ons as 1ste Adam was en dit wat ons nou is as 2de Adam.
Wat is die rus van GOD?
Dit is die 7de Dag.. GOD het n Dag afgesonder waaruit die mens kon heers,sonder Rus
kan daar nie akurate heerskappy wees nie.
7de Dag=Die Dag van Rus,Sabbatsdag
Ons siel moet afgesonder wees vir GOD se Gees.
Die Woord van GOD sonder ons siel af vir GOD se Gees.
Ons is Gees,met n siel,binne in n liggaam.
Die woord van GOD hou ons nederig van hart..Godsvrug kom deur die Woord van GOD.
Die Woord van GOD gaan ons instaat stel dat ons siel kan vaskleef aan GOD se Gees.
Ons is hart,siel,denke en kragte(skrif verwysing Mark.12:28 -31
Die Woord wat ons ons ore aan uitleen gaan ons of maak of breek.
Moenie na die vlees se begeertes wandel nie,maar na die Gees..Skrif verwysing:
(Romeine 8 vers 1-2 )
DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na
die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Die akurate Woord van GOD sou nog altyd die onderskeid kom bring het tussen Gees en
vlees.
Ons hart moet afgesonder wees vir die akurate leer van GOD,die leer wat ons instaat
kan stel om die onderskeid te tref tussen die oer en die Hoëpriester..
Die valse lering of boodskap verblind die hart.
Gaan voort met skrif lesing in Heb.4 vers 12
12 For the word of God is living and powerful, and sharper than any two-edged sword,
piercing even to the division of soul and spirit, and of joints and marrow, and is a
discerner of the thoughts and intents of the heart
Die akurate woord van GOD maak ons afstand doen van die vlees,dit openbaar die
bedoelinge en intensies van die hart.
Blinde leiers maak blinde leiers..
Vir ons om akuraat te kan wandel as nuwe skepsels moet ons die onderskeid kan tref
tussen Jesus en Jesus Christus
Die openbaring van Jesus Christus is die grondslag van hierdie evangelie wat ons
bedien..
Wat is se GOD se waarheid?
Wat is SY droom,Plan en Strategie?
Skrif verwysing- Num.14:21
GOD se droom is Hy wil die aarde vul met SY Heerlikheid.
GOD se droom kan slegs in vervulling kom as ons die akurate evangelie hoor wat ons
harte afsonder vir SY werk.
Sonder die openbaring van Jesus Christus kan ons nooit by die akurate definisie van
liefde uit kom nie.
Matt.16:13-18
Hoekom volg ons hierdie boodskap?
Vir die primêre dinge of sekondêre dinge?
Ons kan nie net n leier volg vir volg nie..
Wie jy volg moet die akurate boodskap dra van GOD se werk..
Die akurate boodskap moet verlossing bring asook versoening.
Vir GOD om Sy Kerk te bou moet die Kerk die openbaring van Jesus Christus verstaan.
Jesus Seun van Mens se ware identiteit is hy is n Christus,Seun van die lewende GOD
GOD openbaar Homself slegs aan n hart wat die onderskeid kan tref tussen Gees en
vlees.
Wat hou GOD dood in die kerk?
Mense wat Jesus as GOD aanbid..mense wat nie die onderskeid kan tref tussen Jesus
en Jesus Christus nie
Sonder hierdie openbaring gaan ons nooit kan opstaan as Seuns van die lewende GOD
nie..
Die eenvoud van die evangelie is om die onderskeid te kan tref tussen Jesus en Jesus
Christus
Ons kan nie GOD leer ken sonder hierdie openbaring nie,sonder hierdie openbaring bly
GOD dood in die kerk..
Enige man van GOD wat nie hierdie openbaring na die kerk toe bring nie is n dief en n
rower.
Sonder hierdie openbaring bly ons geblinddoek,en ons kan GOD nooit leer kan as die
lewende GOD nie..
Ons is n "oense" vir mense as ons nie die onderskeid kan tref tussen Jesus en Jesus
Christus nie,ons hou dan die mense se harte geblinddoek.
Godsdiens hou mense vas met n boodskap..
CiM Collective maak mense vry deur n boodskap..
