Ware Herderskap (deel 2)
GOD gaan deur die uithoeke van die aarde dan sonder Hy vir Hom n man af vir n werk en vir n
taak..bv,Noag..skrifverwysing(1 Petrus 3 : 20)
GOD het n baie spesifieke werk wat HY werk deur die eeue heen,alhoewel die gesigte gekom en
gegaan het bly GOD se werk staan..
Daarom praat die skrif van n Dag..skrifverwysing(2 Pet.3:8)
In die laaste Dag sal daar baie dinge gebeur..die Bybel praat oor n
Dag..skrifverwysings(Matt.24&25 ..Johannes,Petrus)
N Dag waarop GOD vir Homself sou afsonder..die Sabbatsdag..
GOD is besig met n werk..dit kom al vir eeue en geslagte aan..
GOD kies om deur n mens te praat..
Waar kan GOD Sy Woord toevertrou.?
Dit is so GOD sonder n man af met n taak en n mandaat..maar GOD kies n
gemeente/kerk/ekklessia bymekaar om n werk te werk..ons is nie n "one man show" nie..
Selfs Jesus kon ook nie hierdie werk alleen doen wat GOD aan hom toevertrou het nie,hy het
hierdie werk aan bekwame manne toevertrou om dit voort te sit..
Selfs n man soos Saulus,wat Paulus geword het,wat die werk van GOD vervolg het,was
afgesonder en eenkant geplaas vir die werk van GOD..
Paulus het gekom met n baie spesifieke openbaring..Kol.1:27
Wat is daai openbaring?
Geheimenis wat eeue en geslagte verborge was,maar GOD wou dit openbaar..
Wat is hierdie geheimenis?
Christus in jou,die hoop op GOD se heerlikheid..hoekom is dit belangrik?
GOD is baie spesifiek,Hy is baie duidelik,HY is nie dubbelsinnig nie..Hy is eenvoudig om te
verstaan..
(Skrifverwysing 2 Cor.11:3)
GOD is nie n GOD wat Homself "spooky" hou nie,Hy is baie duidelik..
Daar het baie jare gevloei vanaf Abraham tot en met Moses..die volk van GOD het vergeet die
beloftes van GOD rakende die land van belofte..
Daar is ook baie profetiese Woord van GOD oor die jare rakende die Griekwa en Afrikaner
rondom die land en die nuwe Jerusalem..
Was daar nie gepraat met n man,wat genoem was die kneg oor twee sleutels nie? Word daar nie
dae gehou en gehuisves tot herinnering daaraan nie?
Wanneer ons praat van sleutels,spesifieke profesieë wat gegee was rondom vlae..rondom twee
nasies..die Afrikaner en die Griekwa..
Mense is baiekeer passievol oor goed buite die skrif..daarom het ons geestelike 'governance'
nodig..
GOD is n GOD van Verbond..
Ons as visie ag die Verbond..
Wat is die Verbond van GOD ?
Dit is die wette en gebooie wat geskryf word op harte en denke..
Nuwe Verbondswette..
1.Wet van liefde(Mark.12:28-31)
2.Wet van geloof(Rom.3:27)
3.Wet van Christus(Gal.6:2)
4.Wet van Gees en Lewe ( Rom.8:2)
5.Wet van vryheid (Jak.1:25)
Ons kan nie roekeloos werk buite die Verbond van GOD nie.
GOD is n GOD van orde..Hy is n GOD van eenvoud..Hy is n GOD van wette en gebooie om Sy
mense toe te rus en te help..Sy spesie..
Maar die leiers van ouds het dit vergeet..toe word hulle soos sprinkane in hulle eie
oë..(Skrifverwysing Num.13)
Maar GOD het Moses geantwoord:
Skrifgedeelte Num.14:20
20Toe sê die HERE: Ek vergewe, volgens jou woord.
21Maar so waar as Ek leef en die hele aarde van die HERE se heerlikheid vol sal word,
So GOD het een droom!
En die vraag is waarmee is GOD nou besig?
Elke godsman moet antwoord gee daaraan!
Dit kos somtyds dat ons moet aanbid dat ons weer ontsag kan hê vir GOD..ons wat skepsels
is,ons vergeet ons is die gevolg van n Skepper wat ons gemaak het volgens Sy beeld en Sy
gelykenis..
Hy het gekies om ons n identiteit te gee wat gevorm en gemaak is net soos wat Hy wil..nie soos
wat ons wil nie..
Wat is die hoof- Woord wat vandag rus oor ons land? Dit is korrupsie,is dit nie?
Manne wie se ja nie hulle ja is nie.. en wie se nee nie hulle nee is nie..
Die tragedie is dat wanneer dit by GOD se Woord kom moet ons vlekkeloos bly..nie deur jou eie
werke nie..want dit is die wortel wat die boom dra..
GOD is besig om van hart manne af te sonder vir n taak en vir n mandaat..
GOD se Gees ken die diep dinge van die hart en van die mens..
Hoe kyk jy?
Jy kyk soos wat jy geleer word..
Een ding is verseker,in hierdie gebied,die HERE het n afspraak hier..
Hier is mense wat geloftes afgelê het voor GOD..
GOD laat nie met Hom spot nie..Hy bly GOD..
GOD hou n geslag verantwoordelik en aanspreeklik vir die geloftes van hul voorvaders,en Hy
verg deursigtigheid rondom hierdie werk..
GOD kyk nie na die kultuur nie,GOD kyk na die geloftes en die Woorde wat uitgegaan het..
(Luister weer na die Woord van Neels- die jaar 2013)
Daar is sekere goed wat Jesus gedoen het as n voorloper van baie broeders wat steeds waar
moet wees vandag..
Die Woord en term die teken van duif,as jou leier jou nie kan uitleg gee rondom dit nie..vir wie
volg jy?hoekom volg jy?
Tot en met die ouderdom van 30 was daar n seun met die skrynwerker,geken as n
basterkind,want die bonatuurlike werk van GOD in n skoot het ook nie sin gemaak in daardie
kultuur nie..hy het onder die huishouding van Josef grootgeword..en vanaf die ouderdom van 30
bevind hy homself by n waterbad en word gedoop..en die Gees van GOD het in die vorm van n
duif het op hom neergedaal..skrifverwysing (Matt.3:13-17)
Sedert die ouderdom 30 tot en met 33 was Jesus n tempel waarin die Gees van GOD kon
vertoef..n heilige tempel,n eerste van sy soort..
En deur hom kon GOD n werk doen om baie tempels te reinig en te heilig waarin GOD kan
woon..sodat hulle ook nou met die Gees van GOD in hulle n werk kon werk..
Daarom..(Skrifverwysing..kol.1:27-28)
Wie is hierdie hom wat ons verkondig?
Christus in my!
Want daar is n oer betaal,sodat: (2Cor.5:14 -15 en 2 Cor.5:21)
Hom verkondig ons! Christus in jou!
Hierdie hom, moet mooi na gekyk word!Hierdie hom,moet mooi opgevoed word! Hierdie hom,
moet reg geherder word! Hierdie hom,moet die regte herder hê wat hom lei!nie n blinde leier
nie!nie n blinde herder nie!nie n selfsugtige herder nie!een wat se hart is soos GOD sinne!
Wie is die leier wat jy volg? Hoekom volg jy hom?
Hierdie hom wat geherder moet word,hierdie Christus in die mens,hierdie geheimenis wat
seënryk was vir GOD..moet reg geherder word deur leiers wat GOD se orde verstaan!GOD se
weë verstaan!GOD se Woord verstaan! GOD se instruksie verstaan!GOD se seisoene kan sien!
Hierdie moet jou leier kan wees!
Anders hardloop weg!
Wat het die 1ste koms van die Messias kom uitwys?
Sedert die doopwaters,wat sê die skrif?
Wat was die boodskap van die 1ste Koms wat die Messias,naamlik Christus in Jesus kom
verkondig het?
Wat is die teken van die duif?
Wat het gebeur in die volgende 3 jaar na Jesus gedoop was deur Johannes?
Waaroor wou die leiers van daardie tyd Jesus stenig? Skrifgedeelte:Joh.10
Johannes 10 : 33
33Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor ‘n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor
godslastering, en omdat U wat ‘n mens is, Uself God maak.
Hierdie hom wat ons verkondig
,het gekom vir n werk..sodat die kerk gelei kan word in die volle waarheid..
Skrifverwysing( Joh.16: 13)
Al sou die Gees lei was daar nodig herders wat die mense moes lei..
Die apostels,profete,evangeliste,herders en die leraars = die vyfvoud van GOD..
Die vyfvoud moet in GOD se seisoene akuraat geherder kan word ooreenkomstig die orde en die
verbond van GOD..bo hulle staan daar n goewernment wat moet rus op hulle skouers..
skrifverwysing( Is.9:6-7)
N kind was gebore in Bethlehem..
N Seun was gegee by Galilea..
Daarom moet ons die onderskeid kan tref tussen die oer en die gawe.. Skrifverwysing (Heb.
5:1)
Wat moes dien as n oer?
Die liggaam van Jesus..
Wat het hom daarnatoe gedryf?
GOD se Gees in hom..net soos in die hemel net so in die aarde..
N Priester se werk is om te doen net soos in die hemel net so op die aarde..
Daarom word Jesus genoem die Hoëpriester van die Melgisedek Priesterorde..
Wie van julle volg n leier?
Hoekom volg julle hom?
Ons moet versigtig wees,ons moet nie net volg nie..
Skrifverwysing Ps.23
Die Here = Kurios ( most high authority)
Hoogste gesag..
GOD bly ons alleen eienaar..en enige iemand wat jou wil herder, moet aan GOD rekenskap kan
gee...daarom skrifverwysing ( Jak.3:1)
Skrifgedeelte 1 Pet.5:1 (NKJV)
1.The elders who are among you I exhort, I who am a fellow elder and a witness of the suerings
of Christ, and also a partaker of the glory that will be revealed:
Hoekom is hierdie belangrik?
GOD het n droom: HY wil die aarde vul met SY heerlikheid.
Heerlikheid: GOD se een siening,GOD se een opinie,GOD se een oordeel..
Ons moet uitkom by die akurate konteks en definisie..
2.Shepherd the flock of God which is among you, serving as overseers, not by compulsion
but willingly, not for dishonest gain but eagerly;
Wees n dienskneg..nie uit dwang nie..
Nie vir eie gewin nie,nie vir oneerlike wins nie..
Ons visie het een agenda punt..GOD.
N goeie begrip het n halwe Woord nodig..
Enige herder het een agenda punt nodig..GOD en Sy een siening,een opinie en een
oordeel..alles anders is sekondêr..
3.nor as being lords over those entrusted to you, but being examples to the flock;
Ons is nie hier "to be lords over you" nie,nee! Ons is diensknegte!
N leraar en n herder dien die kudde van GOD..hy heer nie oor hulle nie,hy lei hulle na,die weë,die
waarheid,die Verbond,net daarnatoe..en dit met die hart van GOD..nie vir aansien nie..
Doel van die baadjie = wys ons stap onder gesag in..
Doel van vlag op die bors = dien as ambassadeur van GOD..
Ons bly aanspreeklik teenoor GOD..
Minder praat meer leef..meer akuraat praat..
4.and when the Chief Shepherd appears, you will receive the crown of glory that does not fade
away
So die grootste eer wat n herder toekom is n kroon van eer en heerlikheid..jy sal sien wanneer n
herder gekroon is met heerlikheid of nie..
As n man van GOD werk sonder die heerlikheid van GOD...hardloop!hardloop!
Die skrif praat van herders teenoor herders..asook skape teenoor skape..
Wat is die kenmerke van n ware herder.?
GOD soek n herder soos Dawid..
Hoekom volg julle die leiers wat julle volg?
n Herder se hoofeienskap is sy stem!
"You get a speech and you get a language " (skrifverwysing Gen.11:9)
Die krag van mense wat onder dieselfde taal en stem geleer word..wat doen GOD daar?
"Confuse" hulle stem en taal,want hulle wou bou vir hul eie naam..
Wanneer n mens dit kan regkry dat daar en speech en een language is,een hart,een visie..sê die
skrif "nothing that they propose to do could stop them"
Dit is so,GOD is besig met n werk in kranshoek!
Daar is manne wat uitkyk..wanneer kom hierdie werk?
Weeg die Woord!
Dit gaan oor die akuraatheid om die tyd van GOD te kan sien in ons land..die uitleg te kan gee
aan die 1ste koms van die Messias..akurate konteks en definisie te kan plaas in dit wat begrippe
is van die skrif.. en dit reg te kan kom uitlê vir Sy mense..
Hierdie is tekens wat Jesus die 1ste Koms van die Messias gevolg het..
As n leier nie hierdie kan doen nie,hardloop!
Basiese konsepte wat moet verduidelik word deur leiers:
Teken van die duif,vrug van die wingerd,vyeboom...dag van Here,verskil barmhartigheid en
genade..
As hulle hierdie nie kan doen nie,moet daar n vraagteken wees..
GOD is besig om in ons land n stem te laat weergalm,n stem van waarheid,n boodskap..
Skrifgedeelte Joh.10:1
1.Most assuredly, I say to you, he who does not enter the sheepfold by the door, but climbs up
some other way, the same is a thief and a robber
Daar is een hek! Wat is die hek?
2But he who enters by the door is the shepherd of the sheep.
3To him the doorkeeper opens, and the sheep hear his voice; and he calls his own sheep
by name and leads them out.
4.And when he brings out his own sheep, he goes before them; and the sheep follow him, for
they know his voice. 5 Yet they will by no means follow a stranger, but will flee from him, for they
do not know the voice of strangers.” 6 Jesus used this illustration, but they did not understand
the things which He spoke to them.
7 Then Jesus said to them again, “Most assuredly, I say to you, I am the door of the sheep.8.All
who ever came before Me are thieves and robbers, but the sheep did not hear them.
Waar begin alles?
By die akurate uitleg van Jesus Christus..
Daar is n valse leer in die kerk wat dit reggekry het,waar die skepsel aanbid word eerder as die
Skepper. (Skrifverwysing Rom.1: 18- 32)
Daarom is die onderskeid tussen Jesus die oer en Jesus Christus die Hoëpriester krities en van
kardinale belang,dit gee n herder bestaansreg of nie..
Wanneer jy die deur of die hek uitwys,moet jy hom kan akuraat uitwys..
Die vlees van Jesus het n doel gehad,en die doel was baie duidelik;een moes sterf sodat almal
kon sterf sodat die wie lewe moet met Christus in hulle lewe!
Christus = saad Skrifverwysing (Gal.3:16)
Ons is weergebore vanuit die onverganklike saad..Skrifverwysing (1Pet.1:23)
N Herder wat nie die onderskeid tussen die oer en die Hoëpriester kan uitwys nie,is nie n
herder nie!
Ons glo nie in die valse leer dat jy die vlees moet aanbid nie,jy aanbid GOD as Gees!
Dit wat vlees is,is vlees en dit wat Gees is,is Gees!Skrifverwysing (Joh.3:6)
Wanneer ons praat van die openbaring is hier, gaan dit nie oor die naam CiM Collective nie!
GOD hou die leiers van die gemeenskap verantwoordelik,want daar was n gelofte gemaak!
GOD is n besig met n werk!
Die erns van die werk van GOD en die Woord van GOD moet weer terugkeer in die Huis in!
Gesigte gaan kom en gesigte gaan gaan,maar dit is GOD se werk!en GOD kies wie Hy in hierdie
werk wil sit!
Die skape moet terugkeer na die kraal toe!
Die HERE laat nie met Hom spot nie! Hy wil Sy hek vestig,en dit begin by die openbaring van
Jesus Christus!
Ons ag die werk van die oer,maar meer as dit die Hek wat ons sou lei na n plek toe!
As n herder nie vir jou die Hek kan wys nie,hardloop weg!hy is n dief en n rower! n dief en n rower
klim van die kant af in..Skrifverwysing (Joh.10:1)
GOD gee die sleutels aan hulle wat kan sien,die openbaring van Jesus Christus!
Die hek waar alles begin,daar word die kerk gebou..daar word die sleutels gegee..
Vlug van die stem van vreemdes!
Wanneer daar nie "one speech" en "one language" is nie,en wanneer daar nie akurate stemme is
nie,dan "scatter" die skape.
GOD wil al die nasies,kultuurgroepe wil Hy een maak,met Sy stem,met Sy Woord en met Sy
weë,maar dit begin by die hek.
9.I am the door. If anyone enters by Me, he will be saved, and will go in and out and find
pasture. 10 The thief does not come except to steal, and to kill, and to destroy. I have come that
they may have life, and that they may have it more abundantly.
Die vyand,die satan,die bose,kom om te slag,te verniel,te verwoes en te steel!
11 “I am the good shepherd. The good shepherd gives His life for the sheep. 12 But a hireling, he
who is not the shepherd, one who does not own the sheep, sees the wolf coming and leaves the
sheep and flees; and the wolf catches the sheep and scatters them.
Waar is die kudde van GOD?
"Scatter" ons,of kom ons nader? Is daar divisie of is daar eenheid?
Julle moet die onderskeid kan tref tussen n dief en n rower,n huurling teenoor n herder..
N Herder moet die hek kan uitwys en verduidelik..
Dit is tyd dat ons as n gemeente weer moet trots wees,met n nederige hart,vir dit waaraan ons
deel het..
Wees van hart..
Ons moet kan sien wie is ons herder..
Hy moet ons kan opvoed in die akurate leer..
Wie is die hek?
Dit is Jesus Christus,die Here!
Die Gees van GOD is besig!
Hier is n nuwe golf!
GOD is besig met n werk!
By die HERE is daar nie Jood of Griek of slaaf of slavin nie,ons is almal een in Christus!
29/03/2026
Ware Herderskap - Deel 2 (Kranshoek)
Comments
No comment
Be the first to post a comment
